Tuesday 11 June 2013

Ek wonder party dae nee meest van die dae hoekom my man my gelos het na 23 jaar. Ek mis hom vreeslik baie en dit maak baie seer. Hy kontak nooit enige van ons kinders nie. Die jongste is 13. Nooit betaal hy een sent onderhoud nie. Wens ek kan 'n prokureur bekostig om hom te skei en onderhoud uit hom te kry. Sy woon al amper 'n jaar weer by my en geensins sal hy eers wonder wat sy doen of hoe sy voel nie. Ek haat die vrou wat ons lewens so om ver gegooi het. Sy het die cheek om te se God het hom na haar gestuur nou wonder ek watse God is dit want dis beslis nie my hemelse vader wat so iets sou doen nie. Ek wonder of enige iemand anders sulke probleme en raad kan gee.